top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee is gevonnis virdie onwettige besit van en handel in ammunisie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Bloemfonteinse landdroshof het twee beskuldigdes gevonnis ná hul skuldigbevinding op aanklagte van onwettige besit van en handel in ammunisie.


Lede van die Valke in Welkom het inligting ontvang oor twee verdagtes wat na bewering in 2019 pistool- en geweerammunisie in Virginia verkoop het. ‘n Intelligensiegedrewe operasie is uitgevoer, wat tot die inhegtenisneming van die twee gelei het.


Die saak is voorlopig teruggetrek weens vertragings in die finalisering van forensiese bewyse. Die saak is egter later weer ingestel, en lasbriewe vir inhegtenisneming is uitgereik.


Albei beskuldigdes het skuldig gepleit op die aanklagte.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page