Twee is in die VS vas vir die onwettige besit van plofstof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 15
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het twee mans in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige besit van plofstof in Meloding.
Lede van die Thabong Misdaadintelligensie-eenheid en die Welkom Teen-Bende-eenheid het Dinsdag ’n eiendom in Senzela deursoek. Hulle het 11 keëlvormige plofstofladings gevind en in beslag geneem nadat hulle inligting ontvang het dat die verdagtes glo op soek was na kopers.
Die twee sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Virginia verskyn.








Comments