Twee is vas in die VS vir 'n ongelisensieerde wapen
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 hours ago
- 1 min read
Twee verdagtes is in Sasolburg in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.
Sersant Josephine Rani sê in 'n polisieverklaring inligting is ontvang oor twee verdagtes wat na bewering in besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen was. Hulle is glo verbind met ’n saak van intimidasie en die rig van ’n vuurwapen in Heilbron.
’n Beskrywing van die verdagtes, tesame met hul voertuig, is versprei. Die polisie het vinnig gereageer en na die R57 beweeg, waar die voertuig suksesvol onderskep is. Tydens ’n deursoeking van die voertuig het lede ’n ongelisensieerde 9mm-pistool gevind, en die verdagtes is onmiddellik op die toneel in hegtenis geneem.
Hulle sal na verwagting binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.








Comments