Twee is vas vir aparte VS moorde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Twee verdagtes is in twee afsonderlike gevalle van moord in die Vrystaat in hegtenis geneem.
Polisiewoordvoerder, adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring in die eerste geval is Pule Alfred Nhlapo in 'n hospitaal in Bethlehem oorlede 'n paar dae nadat hy na bewering aangeval is deur 'n persoon wat aan hom bekend is. Hy het veelvuldige kopbeserings opgedoen.
In 'n aparte insident in Vrede is Goodwill Mavuso met 'n skerp voorwerp gesteek en is ook 'n paar dae nadat hy hospitaal toe is, oorlede.
Die motiewe vir die moorde is onbekend, en die twee verdagtes sal na verwagting Maandag in die Bethlehem- en Vrede landdroshowe op aanklag van moord verskyn.








Comments