Twee is vas vir beweerde diefstal van kalwers

May 12, 2025
1 min read
Twee mans is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde beeste. Luidens ’n polisieverklaring het die Bultfontein Veediefstaleenheid en Welkom se honde-eenheid Sondag vyf kalwers in ’n beeskraal in Riebeeckstad gevind. Die mans kon glo nie rekenskap gee van die beeste nie. Vyf kalwers ter waarde van R45 000 en een brandyster is by hulle teruggevind. Die beeste is deur die wettige eienaar geïdentifiseer nadat sewe kalwers glo op 10 Mei van ’n plaas in Winburg gesteel is. Die verdagtes sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.








Comments