Twee is vas vir die besit van koperkabel in die Vrystaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 9
- 1 min read
Twee verdagtes is in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Hulle is na bewering betrap terwyl hulle koperkabel, met 'n geraamde waarde van meer as R130 000, vervoer het.
Volgens 'n polisieverklaring is hul voertuig onderskep nadat inligting van 'n private sekuriteitsmaatskappy ontvang is oor vermoedelik gesteelde koperkabel wat na 'n tweedehandse handelaar onderweg was.
Die twee mans kon nie dokumentasie verskaf om hul besit van die koperkabel te regverdig nie. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.








Comments