top of page

Twee is vas vir moord met 'n gebreekte bottel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 15 minutes ago
  • 1 min read

Twee verdagtes is in Verkykerskop in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die moord van 'n familielid.


Polisiewoordvoerder, adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die twee verdagtes het by die slagoffer en sy vrou se woning by Vogelvlei-plaas aangekom om klere te kry. 'n Ander persoon het hulle gehelp deur die klere te gaan haal, terwyl die twee mans na 'n ander kamer in die huis is. Hulle het kort daarna van die toneel gevlug.


Die ander persoon het agterdogtig geraak en gaan kyk, en die slagoffer, Solomon Masiteng, met 'n wond in sy nek en 'n gebreekte bottel langs hom aangetref.


Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die landdroshof op Warden vir borgtogaansoek verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page