Twee is vas vir motorkaping in die VS

Jul 7
1 min read
Twee mans is in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n voertuig wat vermoedelik in Kroonstad in die Vrystaat gekaap is, teruggevind het.
Die polisie sê beamptes het gereageer op intelligensie dat die wit dubbelkajuitbakkie na Sasolburg op pad was en tydens ‘n padblokkade op die R82 onderskep is. Die verdagtes kon na bewering nie verduidelik hoe hulle in besit van die voertuig gekom het nie.
Die polisie het ook op ‘n windgeweer beslag gelê wat vermoedelik in die kaping gebruik is.
Die twee sal na verwagting binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn.









Comments