Twee is vas vir 'n driedubbele moord in die Vrystaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 19
- 1 min read
Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die driedubbele moord in Meqheleng in die Vrystaat.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die polisie is ontbied nadat geluide vanuit 'n gehuurde kamer gehoor is. Aanvanklik was die vermoede dat dit matte is wat geklop word, maar met verdere inspeksie is die deur oop gevind, en drie mans is op die vloer aangetref.
Nooddienste het die mans op die toneel dood verklaar. Al drie slagoffers het veelvuldige skietwonde op verskeie plekke van hul liggame gehad. Die kamer is ook geplunder met kombuiskaste wat gebreek is en klere oral gestrooi.
Die motief vir die moorde is onbekend, en die verdagtes sal binnekort in die Meqheleng-landdroshof vir moord verskyn.







Comments