Twee is vas vir onwettige sigarette in die VS
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 10
- 1 min read
Twee mans is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette tydens ’n voertuigkontrolepunt-operasie op die R549 in Deneysville in die Vrystaat.
Lede van verskeie stasies in die Fezile Dabi-distrik, in samewerking met die Gemeenskapspolisiëringsforum, het ’n silwer Toyota tydens die operasie voorgekeer. ’n Deursoeking van die voertuig het tot die ontdekking van bokse onwettige sigarette in die kattebak gelei.
Die sigarette, ter waarde van ongeveer R20 000, is saam met die voertuig in beslag geneem. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Sasolburg-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van onwettige sigarette.








Comments