Twee is vas vir roof met 'n namaakvuurwapen
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 1
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het twee verdagtes in hegtenis geneem vir gewapende roof en die besit van ‘n namaakvuurwapen in Vredefort in die Vrystaat.
Die 36-jarige slagoffer het in die Mapetla-gebied in Mokwallo gestap toe twee mans hom genader het, ‘n vuurwapen op hom gerig het en sy selfoon sowel as ‘n onbekende bedrag kontant geneem het voordat hulle te voet gevlug het.
Beamptes het inligting ontvang rakende die verdagtes wat by die gewapende roof betrokke was.
‘n Polisiewoordvoerder, sersant Josephine Rani, sê die lede het die twee verdagtes in hegtenis geneem.







Comments