top of page

Twee juwelierswinkels is op een dag in Bloem beroof

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 16, 2025
  • 1 min read

Updated: Nov 17, 2025

In twee afsonderlike gevalle het groepe onbekende mans juwelierswinkels in Northridge Mall en Mimosa Mall in Bloemfontein beroof.


Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, het die ses rowers glo die winkeleienaar en werknemers van die winkel in Northridge Mall opdrag gegee om op die vloer te sit. Hulle het toe die kasregister en rakke vol juweliersware agter in die winkel leeggemaak en van die toneel gevlug.


Die gesteelde juweliersware word op R250 000 beraam.


Kort daarna het vyf onbekende mans die Mimosa Mall- winkel binnegestorm en die werknemers met ‘n vuurwapen gedreig. Daar word beweer dat die rowers juweliersware en ‘n onbekende bedrag geld gebuit het. Twee skote is binne die winkel afgevuur, maar niemand is beseer nie.


Twee afsonderlike sake van sakeroof is geopen.


SKERMGREEP: Rowers vlug na hul 'n juwelierswinkel Northridge Mall beroof het.
SKERMGREEP: Rowers vlug na hul 'n juwelierswinkel Northridge Mall beroof het.


Comments


bottom of page