Twee kinders is tydens ‘n hittegolf dood in ‘n motor gevind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 23
- 1 min read
Twee jong kinders is in Frankryk oorlede nadat hulle tydens 'n erge hittegolf in 'n motor gevind is.
IOL berig die kinders, onderskeidelik twee en vier jaar oud, is gister in die gesin se kar aangetref.
Nooddienste het die kinders in hartstilstand gevind nadat hulle na die toneel ontbied is.
Plaaslike owerhede vermoed die hittegolf het waarskynlik tot die sterftes bygedra.
Die kinders se ma is ook op die toneel behandel.
Die hittegolf veroorsaak reeds groot ontwrigting in dele van Europa.
Skole is gesluit, buiteluggeleenthede is gekanselleer en sommige werkers word aangemoedig om van die huis af te werk terwyl gesondheidswaarskuwings uitgereik is.
Intussen ondersoek owerhede die voorval.








Comments