Twee koue fronte is op pad
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat twee koue fronte tussen 19 en 23 Mei oor dele van die land beweeg. Die eerste tref Maandag die Wes-Kaap met nat, koue en winderige toestande. Die tweede, sterker front volg Dinsdag en versprei na die Noord-Kaap en Oos-Kaap. Reën van tot 50 mm, sterk winde en sneeu oor berggebiede word verwag. In die binneland kan dit lei tot plaaslike oorstromings, omgewaaide bome, skade aan kraglyne en stadiger verkeer. Boere en inwoners word aangeraai om voorsorgmaatreëls te tref en weerwaarskuwings fyn dop te hou.





Comments