Twee kry tronkstraf vir onwettige perlemoenbesit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Die Edenburg-streekhof in die Vrystaat het twee mans tot vyf jaar tronkstraf elk gevonnis vir die onwettige besit en vervoer van perlemoen sonder ‘n permit.
Lede van die Trompsburg-snelwegpatrollie het in 2023 ‘n wit Toyota-bakkie buite Trompsburg op die N1 voorgekeer.
Swart vullissakke vol perlemoen is agter in die bakkie gevind.
Die twee mans is op die toneel in hegtenis geneem.
Hulle is skuldig bevind ingevolge die Wet op Mariene Lewe.






Comments