top of page

Twee mans is vas oor ‘n ietermago in hul kattebak

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 25
  • 1 min read

Mans met ʼn ietermago in hul kar se kattebak is naby Bloemfontein in hegtenis geneem.


Maroela Media berig polisiewoordvoerder, Lt.kol. Thabo Covane, sê twee mans is op die N8 naby ʼn vulstasie van die pad afgetrek en die voertuig is deursoek.


In die kattebak is ʼn blou staalgereedskapskis, toegesluit met ʼn hangslot, gevind.


Die mans het aangevoer hulle het nie ʼn sleutel vir die slot nie, waarna die bestuurder toestemming gegee het dat die polisie die slot breek.

In die kis is ʼn Suider-Afrikaanse ietermago aangetref.


Die verdagtes is glo van Petrusburg en was veronderstel om die moontlike koper by ʼn onbekende plek te ontmoet.


Covane sê die prys vir die dier was skynbaar R104 000.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page