top of page

Twee mans is vir bankbedrog gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 18
  • 1 min read

Die Bloemfontein-streekshof het twee mans vir Standard Bank- en Wesbank-bedrog ter waarde van R7 miljoen gevonnis.


Glen Crouch is skuldig bevind op 19 aanklagte van bedrog en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is. Cornelius Botha is skuldig bevind op twee aanklagte van geldwassery en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis, wat volledig vir vyf jaar opgeskort is, en ‘n verdere 36 maande korrektiewe toesig.


Die beskuldigdes is deel van ‘n groep verdagtes wat in Februarie 2020 deur die Valke in hegtenis geneem is. Hulle het na bewering bedrieglike banklenings, oortrokke rekeninge en voertuigfinansiering verkry. Dit is moontlik gemaak deur die bystand van een van die beskuldigdes wat ‘n werknemer van Standard Bank was.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page