top of page

Twee mans sit lank vir die moord op 'n Parys-boer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2d
  • 1 min read

Twee mans is in die Parys-streekhof in die Vrystaat tot onderskeidelik 18 en 23 tronkstraf gevonnis vir die plaasmoord op 'n boer.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n verklaring die boer, Themba Motha, en sy lewensmaat is op hul plaas aangeval, en Motha is dood geslaan.


Die mans het die toneel gevlug met koperkabels, tuingereedskap en 'n motorbattery. Hulle is twee dae later in hegtenis geneem, en die gesteelde goedere terug gevind.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page