Twee mense is in ‘n botsing op die N1 oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Motoriste kan groot verkeersvertragings verwag ná twee botsings op die N1 tussen Koppies en die Kroonvaal-plaza.
Volgens die Parys Gazette is die pad tydelik gesluit en sal na verwagting eers heropen sodra die toneel opgeklaar is.
Twee ligte voertuie was in die eerste botsing betrokke. Terwyl insittendes reeds uit die voertuie was, het ’n tweede botsing plaasgevind waarin twee vragmotors betrokke was.
Twee mense is oorlede, terwyl een vragmotorbestuurder ernstige brandwonde opgedoen het.
Nooddienste, insluitend polisie, brand- en reddingsdienste en verkeersowerhede, is steeds op die toneel.
Motoriste word versoek om geduldig te wees en padveiligheidsreëls te gehoorsaam.








Comments