Twee personeellede is in ‘n treinongeluk oorlede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Twee mense is oorlede ná ’n treinongeluk waarin ’n Rovos Rail-trein in Naute, Namibië, sowat 280km vanaf Ariamsvlei en die Suid-Afrikaanse grens ontspoor het.
Volgens ’n verklaring van Rovos Rail was die trein vanaf Windhoek na Suid-Afrika onderweg toe ’n gedeelte van ’n brug weens oorstromings uitgespoel het.
Twee lokomotiewe en twee nutswaens is in die voorval geraak.
Die maatskappy bevestig dat die trein se bestuurder en ’n TransNamib-loods noodlottig beseer is.
Geen passasiers of ander personeel is egter beseer nie.
Die trein se outomatiese remstelsel het verdere skade help voorkom, waarna passasiers per bus na Upington vervoer is vir verdere reisreëlings.







Comments