top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee sakemanne is by hul kantore in Bfn geskiet

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21
1 min read

Twee sakemanne is na bewering by hul kantore in Bloemfontein dood geskiet.


Volgens 'n verklaring het polisie Woensdag omstreeks 09:00 by die toneel in Bochabela in Bloemfontein aangekom.


’n Getuie, wat alleen in die erf was, het na bewering skote van bo af gehoor. Toe hy na buite gaan, het hy glo gesien hoe ’n man in ’n motor klim en van die toneel vlug.


Noodpersoneel is na die toneel ontbied en het twee mans dood verklaar. Die slagoffers is geïdentifiseer as die tweelingbroers Kegomodicoe en Keabecoe Lekone.


Woordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê twee aanklagte van moord is by die Mangaung-polisiestasie geopen.


Die toneel van 'n skietvoorval in Bochabela. FOTO: Verskaf
Die toneel van 'n skietvoorval in Bochabela. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page