top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee van die vier ontsnapte leeus is reeds gevang

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 22, 2025
1 min read

’n Tweede leeu wat in Mpumalanga los rondgeloop het, is gevang. Rosestad-nuus het vroeër berig oor ’n soektog na vier leeus wat vermoedelik uit die Krugerwildtuin ontsnap het. LEES OOK: Soektog na ontsnapte leeus gaan voort tot in die Paasnaweek Volgens Eyewitness News was die twee leeus deel van ’n trop van vier wat verlede Sondag uit die wildtuin ontsnap het. Die eerste leeu is Vrydag in Bosbokrand gevang en doodgemaak nadat hy vee van die plaaslike gemeenskap gevreet het. Volgens die woordvoerder van die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap,Simphiwe Shungube, het die spoor van vernietiging gehelp om die tweede leeu op te spoor. Die agentskap het bevestig dat die tweede rondloperleeu Sondagoggend doodgemaak is.

 
 
 

Comments


bottom of page