Twee van Spar se hoofswepe bedank met onmiddellike ingang

Spar Group het die onmiddellike bedanking van die onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter, Mike Bosman, en adjunkvoorsitter, Shirley Zinn, aangekondig.
Moneyweb berig die bedankings tree vandag in werking. ’n Huidige onafhanklike nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die Risikokomitee, Lwazi Koyana, is met onmiddellike ingang as tussentydse voorsitter van die direksie aangestel. Terselfdertyd word ’n formele proses om opvolgers te vind van stapel gestuur.
Met verwysing na die omstandighede rondom hul vertrek en hul bydraes, het die direksie gesê Bosman en Zinn geniet steeds die volle steun van die direksie.
Die direksie sê met inagneming van die konteks van die afgelope tydperk, het Bosman en Zinn afsonderlik tot die gevolgtrekking gekom dat dit die regte besluit vir hulle is om uit hul posisies te tree en uit die direksie te bedank, en dat dit in die beste belang van die maatskappy is.









Comments