Twee vas na ontvoering van vrou in Stellenbosch

Oct 6, 2024
1 min read
Twee buitelanders is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n vrou van Stellenbosch in Wes-Kaap. SABC-nuus berig die polisie in die provinsie sê die 20-jarige vrou het van ‘n restourant af huis toe gestap toe sy ontvoer is. Die twee sal eersdaags in die Stellenbosche-landdroshof verskyn op aanklagte van afpersing en ontvoering. In nóg ‘n voorval van ontvoering soek die polisie na die ontvoerders van ‘n 84-jarige vrou, vermoedelik ‘n buitelander. Die vrou is vroeër in ‘n onbewoonde plakkershut in Zwelithemba by Worcester opgespoor.








Comments