top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee vas vir rooftog in Bloemspruit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 19, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het twee verdagtes in hegtenis geneem wat met ʼn onlangse rooftog in Bloemspruit verbind word.

Volgens Newskoop het die twee verdagtes ʼn Puma-vulstasie in Meadowsweg binnegegaan en glo voorgegee dat hulle kliënte is.

Een van die verdagtes het na bewering ʼn vuurwapen uitgehaal en die werknemers van ʼn selfoon en R300 beroof. Geen skote is afgevuur nie, en geen beserings is aangemeld nie. Die verdagtes het toe te voet van die toneel gevlug.

Die polisie het daarin geslaag om die verdagtes gister vas te trek nadat hulle kringtelevisiebeeldmateriaal gekyk het.

Hulle sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page