top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee verdagtes in skietgeveg met polisie is doodgeskiet

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 1, 2024
  • 1 min read

Twee verdagtes, wat vermoedelik onderweg was om ’n rooftog te pleeg, is in Gauteng tydens ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet. The Citizen berig een verdagte het op die R59 by Kliprivier gevlug terwyl ’n polisielid in die voorval gewond is. Gauteng-polisiewoordvoerder, Kolonel Dimakatso Nevhuhulwi, bevestig die polisie het inligting ontvang oor verdagtes wat ’n geldvoertuig-roof in Sedibeng beplan. By konfrontasie het die verdagtes op die polisie geskiet, wat terugslaan het en twee van die verdagtes noodlottig raakgeskiet het. Een verdagte het te voet gevlug. ’n Vuurwapen is op die toneel gevind en ondersoeke het bevestig hul voertuig is in Oktober in Alexandra gesteel. Nevhuhulwi het Gauteng se provinsiale kommissaris, Luitenant-Generaal Tommy Mthombeni, vir die samewerkingstrategie teen misdaad geprys

 
 
 

Comments


bottom of page