top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee Vrystaat-boeties se vermeende moordenaar is vasgetrek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 hours ago
  • 1 min read

Die vermeende moordenaar van twee jong Vrystaat-boeties wat verlede week op 'n plaas buite Harrismith vermoor is, is in hegtenis geneem.


Maroela Media berig die verdagte is op die plaas Toekoms aangekeer en is van die moord op die negejarige Reanetswe en die 14-jarige Thabiso Lakaje aangekla.


Volgens die polisie is die verdagte nie dieselfde man wat kort ná die moorde aanvanklik in hegtenis geneem is nie.


Die eerste verdagte het Vrydag in die Harrismith-landdroshof verskyn, maar die polisie het reeds geweet hy is nie die vermeende aanvaller nie.


Die jongste verdagte sal na verwagting vandag in die Harrismith-landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: The Citizen
Ter illustrasie. FOTO: The Citizen

 
 
 

Comments


bottom of page