Twee VS munisipaliteite verloor hooggeplaastes
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Twee Vrystaatse munisipaliteite se burgemeester én speaker het bedank – slegs agt maande nadat die ANC in die provinsie aangekondig het die leierskorps van sewe Vrystaatse munisipaliteite se kop is op die blok.
Teen Dinsdag het sowel die Moqhaka- as die Nketoana-munisipaliteite se leiers bedank. Die inwerkingtredingsdatums van die amptenare is presies dieselfde, maar almal sal as raadslede in hul betrokke munisipaliteit aanbly. Albei munisipaliteite het aangedui die leiersverandering sal nie dienslewering raak nie.
Moqhaka se raad sal na verwagting Woensdag ’n nuwe burgemeester en speaker op ’n spesiale raadsvergadering verkies, terwyl Nketoana s'n nie ’n datum daarvoor aangedui het nie.
Die woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, Thabo Meeko, het gister gesê die ANC se besluit om die troikas – burgemeester, speaker en hoofsweep – van die munisipaliteite te herkonstrueer, word in werking gestel.








Comments