top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee wat aangekeer is vir moord op 81-jarige boer vrygelaat

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 1, 2024
1 min read

Twee van die vier mans wat aangekeer is vir die moord op die 81-jarige boer van Hotazel, Hendrik Venter, is vroeër Dinsdag vrygelaat. Volgens die senior staatsaanklaer is die bewyse teen die mans, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, onvoldoende. Die ander twee mans wat in hegtenis geneem is, die 24-jarige Orabile Vincent Mtosewakgosi en die 26-jarige Kabelo Tata bly in aanhouding en sal Vrydag om borgtog aansoek doen. Venter se liggaam is Vrydag naby Hotazel by ‘n naburige plaas se hek gekry met diep steekwonde aan sy kop. Maroela Media berig dat sy liggaam deur ‘n buurman ontdek is waarna hy die owerhede ontbied het. Daar word berig dat ‘n onbekende bedrag geld vermis word wat na bewering vir lone gebruik sou word.    

 
 
 

Comments


bottom of page