Twee werkers se liggame is uit 'n melkverkoelingstenk gehaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 22
- 1 min read
Twee werkers se liggame is uit ’n melkverkoelingstenk op ’n melkplaas naby Humansdorp in die Oos-Kaap gehaal.
Volgens Eyewitness News het nooddienste, brand- en reddingspanne en die polisie vroeer die week na die plaas gereageer nadat berigte ontvang is dat twee werknemers in die tenk vasgekeer is.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die slagoffers was onderskeidelik 27 en 54 jaar oud.
Reddingswerkers moes glo gespesialiseerde toerusting gebruik om toegang tot die tenk te kry voordat die liggame uitgehaal kon word.
Die polisie ondersoek steeds die omstandighede rondom die voorval en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.








Comments