top of page

Tweede verdagte vas in hof-skietery saak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 15
  • 1 min read

‘n Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met verlede week se voorval by die Wynbergse landdroshof in Kaapstad waarin ‘n 50-jarige man in die hofgebou doodgeskiet is. Die slagoffer was ‘n beskuldigde in ‘n strafsaak. Dié naweek is ‘n 35-jarige vrou in verband met die voorval in hegtenis geneem. Sy het Maandag in die hof verskyn, en sal volgende Woensdag om borgtog aansoek doen. SABC-nuus berig daar word vermoed dat die vrou met bendelede saamgespan het om die slagoffer te vermoor. Die polisie het bevestig dat ‘n tweede verdagte deur die polisie ondervra word.

 
 
 

Comments


bottom of page