top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Twee is vas vir hul selfgemaakte ‘blouligbrigade’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 6
  • 1 min read

Twee mans is in hegtenis geneem nadat blou ligte glo onwettig aan ’n privaat voertuig aangebring is.


Maroela Media berig volgens polisiewoordvoerder brigadier Athlenda Mathe het polisiebeamptes in Centurion in Gauteng op ’n voertuig afgekom wat met blou ligte toegerus was. Mathe sê die bestuurder het gesê die voertuig behoort aan haar man.


Verdere ondersoek het tot die inhegtenisneming van die eienaar van die voertuig gelei. ’n Tweede verdagte, wat glo die blou ligte aan die voertuig aangebring het, is die volgende dag in hegtenis geneem.


Die twee verdagtes sal na verwagting aangekla word van die oortreding van regulasies 176 en 185 van die Nasionale Padverkeersregulasies. Dié regulasies verbied die ongemagtigde aanbring en gebruik van blou ligte op privaat voertuie.


Die polisie het lede van die publiek gewaarsku dat die aanbring of gebruik van blou ligte sonder wettige magtiging ’n strafregtelike oortreding is.


Volgens Mathe is dié regulasies ingestel om die publiek te beskerm en die integriteit van wetstoepassingsvoertuie te bewaar.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page