top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Tweepot-onttrekkings bereik R4-miljard

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 12, 2024
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê onttrekkings uit die tweepotstelsel het nou R4-miljard bereik. Suid-Afrikaners kon vandeesmaand fondse uit die pensioenfondse begin onttrek ná die inwerkingstelling van die stelsel. Die tweepotstelsel is ná druk van vakbonde deur die regering goedgekeur. Die Inkomstediens sê aftrekkings word gemaak op belastingbetalers wat die belastinggaarder skuld. Die aftrekkings word by die belasting op onttrekking uit die spaarvoordeel gevoeg. LEES MEER: SA se tweepot-stelsel beperk nie soos die stelsels van ander lande nie eNCA het vroeër berig Edward Kieswetter van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê dat onttrekkings sonder beperking geskied, anders as wat by soortgelyke stelsels in ander lande te sien is. Hy sê pensioenfondslede moet dit in ag neem, en moet nooit geld onttrek, indien dit nie absoluut noodsaaklik is nie.  

 
 
 

Comments


bottom of page