top of page

Tyd hardloop uit vir gratis data

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Sep 29
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse regering het net meer as vyf maande om te verseker dat elke huishouding in Suid-Afrika ten minste 50GB data gratis per maand kry.


Dit om die doelwitte van die Nasionale Infrastruktuurplan van 2050 te bereik.


MyBroadband berig die plan is in Maart 2022 deur die voormalige minister van openbare werke, Patricia de Lille, gepubliseer.


Benewens die 2026-teiken, het die plan ook gesê dat daar 'n teiken sou wees om 10 GB data teen 2023/24 aan huise te verskaf - hierdie sperdatum is reeds gemis.  


Die voormalige minister van kommunikasie, Khumbudzo Ntshavheni, het destyds bygevoeg dat die gratis data nie beperk sou wees tot behoeftige huishoudings nie.


Khumbudzo Ntshavheni. FOTO: MyBroadband
Khumbudzo Ntshavheni. FOTO: MyBroadband


 
 
 

Comments


bottom of page