Tyd vir beswaar teen dam-regulasies raak min
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Die publiek het nog net Maandag om beswaar aan te teken teen voorgestelde nuwe regulasies wat toegang tot staatsdamme kan beperk.
Die Departement van Water en Sanitasie se konsepreëls kan aktiwiteite soos visvang, swem en bootvaart inperk, en vereis dat formele ooreenkomste gesluit word vir toegang tot damgebiede en omliggende grond.
Kritici waarsku dit kan druk op grondeienaars en besighede plaas, en plaaslike ekonomieë wat van toerisme afhanklik is, negatief raak.
Rosestad-nuus het vroeër berig die voorgestelde regulasies kan wyer implikasies hê vir ontspanningsaktiwiteite en ekonomiese aktiwiteit rondom damme.
Volgens die DA kan die maatreëls onder meer streng huur- en administratiewe vereistes instel, direkte toegang vanaf privaat eiendom beperk, en bestaande gebruik van damme bemoeilik.
Die party meen die regulasies is moontlik ongrondwetlik en kan werksgeleenthede en plaaslike ekonomiese groei benadeel.








Comments