top of page

Tydelike klaskamers gaan nie meer nie in Langenhovenpark opgerig word nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Onderwys gaan nie meer tydelike klaskamers vir die beplande skool in Langenhovenpark, Bloemfontein, oprig nie. So het die departementshoof onlangs aan die Vrystaatse wetgewer se portefeuljekomitee oor onderwys, gesondheid en maatskaplike dienste onderneem. Netwerk24 berig daar is nog nie duidelikheid wanneer die bouwerk aan die skool sal begin of afgehandel sal wees nie. Daar is vroeër berig heinings op twee oop stukke grond by die Langenhoven-mark is reeds opgerig. Die skool sal na verwagting op die een stuk grond gebou word terwyl die ander stuk grond as ‘n sportterein gebruik sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page