top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Tydelike verligting kom op die brandstofprysfront

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21
1 min read

Motoriste kan vanaf 4 November tydelike verligting aan die brandstofprysfront verwag.


SA News berig die minister van finansies, Enoch Godongwana, het aangekondig dat die algemene brandstofheffing op petrol met R1,50 per liter en dié op diesel met R3 per liter verlaag word.


Indien die huidige pryse onveranderd bly, kan 95-oktaan-petrol binnelands van R30,25 tot sowat R28,75 per liter daal. Die groothandelprys van diesel kan met sowat R1,76 per liter daal tot ongeveer R31,53.


Die verligting geld aanvanklik tot 1 Desember, waarna kleiner verlagings tot 5 Januarie volgende jaar sal voortduur. Die finale pomppryse sal afhang van die amptelike November-prysaanpassing.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page