Tzaneen se elektrisiteitstoever is weens ‘n storm ontwrig
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 28, 2025
- 1 min read
In Limpopo sê die Tzaneen-munisipaliteit dat hy nog bestek neem van die skade wat daar deur 'n hael- en donderstorm aangerig is.
'n Woordvoerder van die munisipaliteit sê hulle prioriseer bystand aan inwoners wat haweloos gelaat is.
Die elektrisiteitsmaatskappy, Eskom, het intussen bevestig dat twee substasies tydens die storm beskadig is. Volgens Eskom is dit nog nie duidelik hoe lank dit sal neem om elektrisiteitstoevoer na buurte wat geraak word, te herstel nie.







Comments