Uistpraak oor die Phala Phala-saak kom dalk Vrydag
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 7
- 1 min read
Die Grondwethof sal na verwagting Vrydag uitspraak lewer oor of die parlement wettig opgetree het toe hy teen die aanvaarding van die Artikel 89-paneelverslag oor President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal gestem het.
Die saak, wat deur die ATM aanhangig gemaak is, handel oor of LP’s hul grondwetlike plig nagekom het om die president aanspreeklik te hou. Die onafhanklike paneel het vroeër bevind daar kan moontlike grondwetlike oortredings wees rakende die diefstal van buitelandse valuta van Ramaphosa se plaas in Limpopo in 2020.








Comments