top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Uit die pen van die Vrystaatse polisie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 4, 2024
1 min read

MISDAAD WENKE Vandag wil ons gesels oor die koop van gesteelde goedere:

  • Die koop van gesteelde goedere is ‘n mark wat ‘n bose kringloop veroorsaak. As daar nie ‘n aanvraag is vir gesteelde goedere nie, sal dit nie gesteel word nie. ‘n Goeie voorbeeeld is dwelm afhanklikes verkoop hul geliefdes se goed om hul dwelm afhanklikheid te voed.

  • Mense koop willens en wetens sulke items - en dit kan hulle in diep moeilikheid laat beland. Dit is ‘n kriminele oortreding om gesteelde goedere te koop, en kan jy vervolg word wanneer sulke items in jou besit gevind word.

  • Dit is wys om altyd seker te maak waar die item vandaan kom wanneer iemand dit sommer aanbied om verkoop te word.

  • Dit is belangrik om die polisie in kennis te stel wanneer iemand onder verdagte omstandighede sulke items aan jou wil verkoop.

 - Kaptein Loraine Earle

 
 
 

Comments


bottom of page