Uitbreidings by die Welkom-lughawe is glo onwettig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 26
- 1 min read
Alle voorgestelde planne, opknappings en uitbreidings van die Welkom-lughawe in die Vrystaat is glo onwettig, sonder formele goedkeuring van die land se lugvaart- en vervoerowerhede.
Tog blyk dit of die omstrede Welkom-vraglughaweprojek van miljarde rande buite die behoorlike regulatoriese raamwerk voortgaan.
News24 berig verder toesig oor lughaweveiligheid en lisensiëring berus by die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SACAA) en die Departement van Vervoer.
SACAA-kommunikasiebestuurder, Sisa Majola, het bevestig dat die reguleerder in September met Matjhabeng-amptenare vergader het, toe die munisipaliteit sy projekplanne aangebied het en leiding oor aansoekprosedures gevra het.
Hy voeg by dat die SACAA op hierdie stadium geen aansoek van die munisipaliteit vir strukturele veranderinge aan die lughawe ontvang het nie, en ook is nog geen veiligheidsassesserings vir die voorgestelde 5 km-aanloopbaan uitgevoer is nie.






Comments