Uitdagings stuit nie die Bloemskou nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 18
- 1 min read
Volgens Bloemskou sal vanjaar se skou onthou word as een met heelwat ongewone uitdagings, maar ook groot sukses.
Volgens Bloemskou se hoof uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, het positiewe ingesteldheid, samewerking en volgehoue toewyding van rolspelers gehelp om die skou suksesvol aan te bied ondanks koue weer en swaar reën.
Meer as 81 000 besoekers het vanjaar die skou bygewoon, terwyl honderde uitstallers, kunstenaars, kosstalletjies en deelnemers deel van die geleentheid was.
Die swakste bywoningsdag in die afgelope 20 jaar was glo tydens die ononderbroke reën op 30 April, maar besoekersgetalle het sterk herstel op die laaste twee dae van die skou.
Van die hoogtepunte sluit in ’n Guinness-wêreldrekord vir die meeste troeteldierkos wat binne 24 uur geskenk is, asook meer as ’n duisend tydelike werksgeleenthede wat geskep is.
Prinsloo sê die voorlopige datum vir Bloemskou 2027 is reeds vasgestel, en dat die bees- en kleinvee-afdelings reeds vol bespreek is, met talle uitstallers wat hul deelname vir volgende jaar bevestig het.








Comments