Uitspraak in die Lourierpark-saak word verwag

Die Mangaung-metro en die DA was weer in die Vrystaatse Hooggeregshof oor die omstrede Lourierpark-ontwikkeling.
Volgens inligting wat die Mangaung-metro gedeel het, hou die saak verband met die metro se Bodulo Mothong-hervestigings- en grondtoewysingsprogram.
Die metro voer aan dat die DA die saak hof toe geneem het in 'n poging om 'n program te stop wat daarop gemik is om grond te verskaf en waardigheid aan gemeenskappe te herstel.
Intussen het Rosestad-nuus vroeër berig dat die DA kommer uitgespreek het oor beplande behuisingsontwikkeling op die terrein en of noodsaaklike dienste soos water, sanitasie en elektrisiteit beskikbaar sal wees voordat inwoners hulle daar vestig.
Die party glo dat verantwoordelike behuisingsontwikkeling geleenthede en waardigheid moet skep terwyl dit gemeenskappe beskerm en bevoordeel.
Die hof sal na verwagting Vrydag uitspraak in die saak lewer.









Comments