Uitspraak in Zuma se appèl teen sy regskoste word voorbehou
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 2, 2025
- 1 min read
Die Pretoria-hooggeregshof in Gauteng het uitspraak voorbehou in voormalige president Jacob Zuma se aansoek om te appelleer teen ‘n uitspraak wat hom gelas het om R28,9 miljoen in staatsbefondsde regskoste terug te betaal.
Die appèl kom ná jare se litigasie oor die staat se befondsing van Zuma se talle hofstryde, waarvan baie uit bewerings van korrupsie en bedrog voortspruit wat na sy presidentskap terugdateer.
Zuma se regspan het aan die hof gesê dat die betalings destyds deur staatsamptenare gemagtig is en dat hy nie persoonlik aanspreeklik gehou moet word nie. Die hof sal later sy beslissing lewer, wat sal bepaal of hy die staat persoonlik vir sy regskoste moet vergoed.







Comments