top of page

Uitspraak teen WesBank dwing banke om terug te betaal vir defektiewe voertuie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 11 minutes ago
  • 1 min read

’n “Grensverskuiwende uitspraak” wat die appèlhof teen WesBank gelewer het, sal banke voortaan dwing om verbruikers terug te betaal wanneer gefinansierde voertuie defektief is.


Netwerk24 berig Alta van Niekerk het in 2017 'n voertuig gekoop wat gedeeltelik deur WesBank gefinansier is. Vier dae ná aflewering het ’n defek in die ratkas aan die lig gekom.


Van Niekerk het die koopooreenkoms formeel deur haar prokureur gekanselleer en ’n terugbetaling van Wesbank geëis. WesBank het dit geïgnoreer en Van Niekerk gedagvaar. Sy het ’n teeneis kragtens die Wet op Verbruikersbeskerming ingestel.


Die hooggeregshof in Mahikeng het beslis dat dié wet nie hier van toepassing is nie, aangesien die bank nie die verskaffer van die voertuig was nie. Die appèlhof het egter dié beslissing omgekeer. Dit beteken WesBank het as die kredietverskaffer en verskaffer van die voertuig opgetree, aangesien die bank eienaarskap behou het totdat finale betaling gemaak is.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page