Uitvoerders verwelkom die Agoa-verlenging
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 14
- 1 min read
Suid-Afrikaanse uitvoerders verwelkom die verlenging van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa).
Amerika se Huis van Verteenwoordigers het Dinsdag gestem om die wet te verleng ná die verstryking daarvan verlede jaar.
Die wetsontwerp sal nou na die Amerikaanse senaat oorgedra word, en indien goedgekeur, sal die Amerikaanse president Donald Trump dit onderteken.
Ekonome waarsku Suid-Afrika egter om nie op Amerika vir uitvoere staat te maak nie, maar om pogings tot uitvoerdiversifikasie in Europa en binne Brics na te streef.







Comments