Universal park open in 2031 in Engeland
- Armando Pieters

- Apr 10
- 1 min read
Die Amerikaanse mediareus Comcast beplan om sy eerste Universal-temapark en -oord in Europa teen 2031 in Bedford, noord van Londen, te open. Volgens Reuters sal die park, wat verskeie temalande, ’n 500-kamer-hotel en vermaakgeriewe insluit, na verwagting 8,5 miljoen besoekers in die eerste jaar lok. Dit sal tweede wees ná Disneyland Parys. Comcast het reeds in 2023 ’n 500 hektaar groot terrein gekoop en planne aan Eerste Minister Keir Starmer voorgelê. Die Arbeidersregering ondersteun die projek as deel van sy beleggingsplanne. Die Britse regering sê die projek sal 20 000 werksgeleenthede tydens konstruksie skep en 8 000 permanente poste daarna. Die park is steeds onderhewig aan beplanningstoestemming.





Comments