Universitas Akadamiese Hospitaal vier nog ‘n suksesvolle nieroorplanting
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 12
- 1 min read
Beide die skenker en die ontvanger vaar goed nadat nog 'n lewensreddende nieroorplanting in Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein voltooi is. Woordvoerder vir die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, sê in ‘n mediaverklaring die prosedure is suksesvol uitgevoer deur die hospitaal se multidissiplinêre span wat bestaan uit vaskulêre chirurge, uroloë en nefroloë. Die 31-jarige Khotso Montse sterk goed aan in die hospitaal en sy 43-jarige suster, wat een van haar niere geskenk het, is reeds ontslaan. Hierdie prestasie is nog 'n mylpaal vir die hospitaal, na hulle in 2023 ook ‘n suksesvolle oorplanting gevier het toe ‘n vrou een van haar niere aan haar man geskenk het.





Comments