top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Universitas-erf toe nie besigheidsman s’n

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 3, 2025
1 min read

'n Sakeman wat 'n uitsettingsbevel teen hom op 'n erf in Universitas in Bloemfontein wou keer, het 'n bloutjie geloop toe hy gesê het hy is die eienaar. Dit nadat die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VOK), die regmatige eienaar van die erf, aan alle wetgewing voldoen het om die uitsettingsbevel te regverdig. Die regter het volgens Netwerk24 in die hooggeregshof in die stad gesê Tsatsi Johannes Macholo en sy besigheid se bewerings is "vergesog en ooglopend foutief." Macholo en die VOK het n koopooreenkoms gesluit wat in dieselfde jaar skriftelik deur die VOK beëindig is. Macholo sou toe die erf vir kommersiële gebruik van die VOK huur, maar het saam met sy gesin en ander mense daar ingetrek. Hy het ook nie die huurgeld en ander heffings betaal nie. Macholo moet die erf binne 30 dae ontruim, anders sal die balju die hofbevel opdwing.

 
 
 

Comments


bottom of page