Universitas-hospitaal het ‘n nuwe Dermatologiese Chirugie-eenheid
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 25
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Departement Dermatologie het 'n historiese mylpaal gevier met die bekendstelling van hul Dermatologiese Chirurgie-eenheid by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein. Volgens ‘n plasing op die UV se sosiale media brei die nuwe fasiliteit gespesialiseerde chirurgiese sorg vir komplekse veltoestande uit. Dit terwyl die hospitiaal ook gevorderde opleidings- en navorsingsgeleenthede vir registrateurs en mediese studente skep. Ter ere van die nalatenskap van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe se stigtersdekaan, Francois Retief, het die geleentheid die krag van spanwerk en samewerking tussen die UV, die Departement van Gesondheid en privaat praktisyns beklemtoon.





Comments